Dassenheuwel Farm Stay

Country Accommodation close to Malmesbury

Comments   

#35 MeMarisna van Wyk 2019-09-25 18:22
Ons gesin was so bevoorreg om die naweek op Dassenheuwel te kuier. Die lekker plaasatmosfeer, die heerlike bederf en die lekker geselskap maak dit absoluut 'n "moet" op die to-do-list. Dankie Kobus, Lida en res van julle gesin wat bygedra het tot 'n heerlike uitrus en wonderlike familietyd. Ons kom vir seker weer daar kuier.
Quote
#34 MrsRache Hanekom 2019-04-08 16:49
Wat 'n voorreg om 'n stukkie plaas te kon beleef saam met al die lammertjies.
Pragtige omgewing, pragtige verblyf en heerlike plaasbrood.
Groot waardering - 'n juweel net om die draai!
Quote
#33 Goeie plaas, goeie mense!Leslie Martin 2019-02-22 16:30
This place was home from home for us for an all-too-brief couple of days. Lida has thought of everything. There's even Rummikub and a first aid kit (if the game should get out of hand?), and the kitchen is so well equipped that breakfast on the stoep was a relaxing highlight of our stay. You're on a real working farm here with all the delights, surprises, and tranquility that brings. You will find a warm welcome here, and you will want to come back.
Quote
#32 MevMariza Herbst 2019-02-04 14:34
Ongelooflik baie dankie vir die ongelooflike gasvryheid en bederf. Die vars plaasbrood en beskuit was regtig vir ons stadsjapies iets besonders. Julle huis is pragtig van hoek tot kant en die luukse beddegoed en handdoeke het ons soos konings laat voel. My kinders was in ekstase oor al die pragtige diere. Ons sal beslis weer kom kuier en beveel dit vir al ons vriende aan.
Quote
#31 MevHenriette Potgieter 2019-01-07 11:58
Ons het ons tydjie by Dassenheuwel terdeë geniet. Die huis is pragtig versier en toegerus met alles wat mens kan nodig kry. Ons is verwelkom met 'n tuisgebakte plaasbrood en konfyte, Lida en Kobus was so gasvry en Kobus het ons selfs genooi om saam hom 'n draai deur hulle pragtige plaas te ry. Ons was gelukkig om in die lente te gaan kuier en ons 5-jarige tweeling het hulle verkyk aan die pasgebore lammertjies. Die plaas is ook goed geleë om gemaklik uitstappies te doen na Riebeeck-Kasteel en al die omliggende Swartland wynplase en besienswaardighede. Ons kinders vra al reeds wanneer gaan ons weer plaas toe!
Quote
#30 MsAnneleen Swanepoel 2018-12-11 06:58
Goeie wegbreek om bietjie weg te kom van die besige stadlewe. Die kothuis was baie skoon en netjies en het alles gehad wat ek nodig het. Het baie lekker gebly en sal dit verseker aanbeveel.
Quote
#29 MrLourens Botha 2018-12-04 08:39
Seker die heel beste plek om by te bly as mens die Kaapse wynlande, platteland en Kaapstad self will besoek en verken. Ons was op met tafelberg, op bloubergstrand, spice route, Fairview, the monument, Franshoek als in 1 dag. Die plek is pragtig, gemaklik, silwerskoon, baie goed uitgelê met die detail van 'n 5ster plek. Kraakvars beddegoed, vars gebakte brood, stoep soos in die ou dae met al die moderne benodighehe soos wi-fi. Ou wêreldse karakter wat met liefde onderhou en opgepas word. Oggendkoffie alleen op die stoep terwyl mens vir zebras , takbokke en springbokkies kyk. Enige gesin wat die Kaap besoek MOET hier kom bly. Baie dankie Lida en Cobus vir 'n onvergeetlike ervaring!!
Quote
#28 Stukkie HemelLizelle 2018-10-17 12:16
Dassenheuwel is net wat die siel nodig het! Rustigheid, gasvryheid, omgee en daai ekstra myl. Ons het 'n fantastiese naweek gehad in Julie! Kan hulle beslis aanbeveel! Weereens baie dankie Lida en Kobus!
Quote
#27 Amazing!!Carrie 2018-10-01 13:11
Lida & Kobus

What an amazing farm you have there and such amazing hosts, you have really put a lot of effort into giving your guests a getaway to remember. The farm alone is nature at its best could not ask for a more relaxing an tranquil experience & the Farm Stay accommodation was absolutely stunning and cozy. We will definitely be coming back again. Please send kisses to Basjan we will miss our morning walks with him - he is a brilliant guide dog when you are looking to explore, he crept into our hearts and we will miss him.

Thank you for everything!!
Carrie & JP xo
Quote
#26 Dassenheuwel is ongelooflikAlichia Nortje 2018-08-18 14:55
Kobus en Lida - baie dankie vir 'n ongelooflike lekker wegbreek.

Dassenheuwel is besonder en die plaas het oor etlike dae 'n naweek 'n stukkie van my hart gesteel.

Ons het so lekker gebly, die selfsorg eenhede is pragtig skoon, netjies en gerieflik ingerug.

Julle gasvryheid is uit die boonste rakke.

Ons sal beslis weer kom kuier.

Groete
Johann, Alichia, Mia & Elle
Quote

Add comment

Security code
Refresh